Wedergeboorte | Met Amanda Loftus

Ойын-сауық

Twitter: /https// Patmos_Studio​​
​Instagram: / dailybible
​​​​​​​Facebook: / patmosstudio1​​
​​​​​​​Pinterest: / patmosstudio

Пікірлер: 6

  • @Love-sv7vg
    @Love-sv7vg3 ай бұрын

    Fantasties Amanda.. dankie.. ek sal baie daarvan hou om ddie volgende deel ook te hoor ❤🙌

  • @karendutoit5714
    @karendutoit57143 ай бұрын

    Liewe Amanda, dankie vir hierdie kosbare ware verhaal - dis die naaste beskrywing van my eie ervaring 2 jaar gelede toe Jesus my alleen in my kamer met geen hoop en n gebroke hart en lewe kom aanraak het en my net toegevou het in sy liefde en vrede - mens weet net dis Hy. Iets bo-natuurlik en groter as ek het my wese oorgeneem en my 180 grade omgedraai en ek het nie n kerk of predikant of pastoor gehad - of enigiemand geken wat dit sou verstaan sonder om te dink ek het nou die kluts kwytgeraak nie. Dis real. As die Here jou kom red met sy liefde en vrede en sy Gees jou vul is dit die grootste wonderwerk van jou lewe. Ek wou dadelik alles van God af weet , die Woord verstaan en uitvind wat het met my gebeur. Ek het geweet persoon wie ek n dag vroeër nog was het gesterf en ek het n hele nuwe mens geword... letterlik oornag. Hy het my kom aanraak toe ek op my slegste, swakste en sonder hoop was . God het ons onbeskryflik lief. Hy wil ons almal red. Ek koester dit daagliks want niks anders as my verhouding met Hom maak meer saak nie. Ek is besig met my 2de jaar bybelkollege studies nie om in bediening te gaan - net omdat ek nie genoeg van sy liefde en genade kan kry nie. Jesus is sedertdien my beste vriend, my vertroueling, my man, my versorger, my beskermer my vertrooster. Ek doen niks meer sonder om met Hom te praat nie. Ek leef werklik nie meer nie - Hy leef nou binne my. Ek kan nie ophou getuig hiervan nie. Ek loof en prys Hom en ek het nie eers geweet ek was nie wedergebore of gered nie - of dat ek wedergebore moes word om reg te wees met God omdat Jesus reeds 2000 jr gelede gesterf het en die duur prys betaal het sodat ons nie verlore mag gaan, maar almal wat Hom ken en glo, die ewige lewe kan beërwe. Ek bid dat dit met elke persoon sal gebeur en dat hulle daarna sal soek. Ek hoef niks meer uit myself te doen of besluit, as ek die ondenkbare vrede het, weet ek ek hoef nooit weer enigiets te vrees. Hy doen alles. Ek bly net by sy voete en weet nou dat Sy Woord lewendig is, hoe meer tyd ek in saammet Hom in Sy Woord spandeer, hoe minder word "ek" en hoe meer word Hy en hoe meer sien ek Sy goedheid en getrouheid raak. Ek het nie gekry wat ek verdien het nie, want Hy was my so genadig om my van al my sondes te vergewe en my in sy arms te ontvang en my te red van my eie ondergang. Dankie vir die waardevolle en kragtige getuienis. Om my aardse lewe te verloor en myself totaal aan Hom oor te gee is n wonderwerk, ek het n wonderwerk nodig gehad op die ouderdom van 56. Dis soos hemel op aarde vir my. Niks wat in die wêreld aangaan is meer die waarheid nie. Ons Gees word bo-natuurlik herenig met ons skepper en Vader wnr ons opgee en nie prb om onsself te help of red of... regverdig nie. Net Jesus was regverdig en Hy het Sy lewe vir ons gegee dat ons nie hoef te sterf nie. Die die "té goed om waar te wees Gospel/Evangelie boodskap" Almal kwalifiseer vir die "onverdiende genadegawe/ geskenk - ons hoef niks te doen behalwe om dit te hoor, aan te neem en ontvang uit dankbaarheid nie. Kan nie wag om verder te luister! Dis n baie lang boodskap - miskien raak dit éen persoon aan wat dit nodig het.

  • @juliagerwel2917
    @juliagerwel29173 ай бұрын

    Oe Amanda. Ek Kan nie wag vir die vlge aflewering nie. Dit is so pragtg. DE Here is die Here.

  • @rethalabuschagne7380
    @rethalabuschagne73803 ай бұрын

    Eer die Here🙏🏻👏🏻🙌🏻

  • @helenadw3357
    @helenadw33573 ай бұрын

    Amen

  • @yolandivanderwesthuizen7977
    @yolandivanderwesthuizen79772 ай бұрын

    Hallo daar, is hierdie die eerste een of is daar voriges?