“Ons wil Nama-taal bewaar”

Kuboes, Noord-Kaap, 30 November - Lede van die Nama-stam doen alles in hulle vermoë om hulle taal te laat herleef. Die Nama-taal word deesdae as 'n vak aangebied by skole in die dorpies Kuboes en Riemvasmaak in die Noord-Kaap. Inwoers sê hulle is sedert die 1950’s ontmoedig om die taal te praat omdat onderwysers en ander mense wat dit nie verstaan nie, gedink het Nama-sprekendes skinder oor hulle. eNuus se Gerhard Pretorius en kameraman Malibongwe Swane het Kuboes besoek.

Пікірлер