Dis OKAY met Rene - Episode 13 (Gas: Hykie Berg)

Vrouemaand is altyd vir my baie spesiaal en ek wou iets anders vir julle doen in hierdie episode… Toe nooi ons vir die eerste keer ‘n manlike gas op die program. Hy is nie sommer net ‘n man nie, maar iemand met ‘n besonderse storie van hoop - iemand wat al groot foute gemaak het en vir jou baie kan vertel van risiko’s neem. Ek ken vir Hykie Berg al baie lank en saam stap ons ‘n pad met attooh!, maar as jy met iemand ‘n pad stap - hoe gereeld kan jy regtig diep met daardie persoon gesels? Dis vir my so ‘n groot voorreg om in Vrouemaand diep te kon gesels met Hykie en sy storie van hoop weer in diepte te beleef.
Mag hierdie jou inspireer elke dag en jy weet dat JY elke stukkie seën in jou lewe verdien. Onthou, dit wat jy dink is dit wat jy word. Deel dit gerus met jou mense, versprei hoop en maak ‘n verskil - jy is jy en dit is jou krag.
Besoek www.renedupreez.co.za om te sien waarmee ek jou kan help.
Baie dankie aan almal wat my episodes moontlik maak, julle is my vlerke: AVC studios
The Marketing Zoo
Francois de Klerk, Fafa Makeup
Milk and Honey
Petals & Roots
Le Cheveux
attooh!

Пікірлер