Hier is die 2018 Skaapboer van die Jaar finaliste

Die aanwysing van Suid-Afrika se Bees- en Skaapboer van die Jaar, aangebied deur Voermol, BKB, FNB en Landbouweekblad, is een van die hoogtepunte op die landboujaarkalender. Die span beoordelaars het bykans 3 000 km afgelê op plaasbesoeke in die Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal.
Die optimale benutting van tegnologie en goeie bestuur en basterkrag in die beeskuddes was die opmerklikste kenmerke van die finaliste vanjaar. Kyk hier na video’s van die finaliste in elke afdeling - en hou Landbou.com dop vir die aankondiging van die twee wenners Dinsdagaand, 13 November 2018.

Пікірлер