Forum Nuus: Die Kaplyn weer te sien by AfriForum Teater 25-04-2025

Die musiekblyspel Die Kaplyn is van 26 April tot 9 Junie terug op die AfriForum Teater-verhoog. Die Kaplyn, wat handel oor die gebeure tydens die Grensoorlog in die 1980’s, is ’n storie vol lewenslesse, gesinne se opofferings en daar is ’n sterk fokus op die verhoudings tussen gesinslede. Dié musiekblyspel is vir sewe Naledi-toekennings benoem ná die wegholsukses van die eerste speelvak. Teatergangers kan vanjaar ’n paar nuwe gesigte op die verhoog verwag en volgens Jannes Erasmus, skrywer en regisseur van Die Kaplyn, is hierdie blyspel vir die hele gesin. Kaartjies is beskikbaar by www.afriforumteater.co.za.

Пікірлер: 2

  • @conniesaayman5038
    @conniesaayman503827 күн бұрын

    Vanaand gaan kyk, fantasties

  • @georgemcdonald649
    @georgemcdonald649Ай бұрын

    Kan die produksie nie ook in Nelspruit opgevoer word nie asb??